Ignaz Semmelweis

Ignaz Semmelweis
Dr. Ignaz Semmelweis, 42 jaar in 1860.
Gebore1 Julie 1818
Boeda, Hongarye
Sterf13 Augustus 1865 (op 47)
Wene, Keiserryk Oostenryk
BeroepVerloskundige
Bekend virInstelling van handewas tydens kraamprosedures
EggenootMária Weidenhoffer

Ignaz Philipp Semmelweis[Nota 1] (ook soms geskryf Hongaars Semmelweis Ignác Fülöp, 1 Julie 181813 Augustus 1865) was ’n Hongaarse arts wat bekend is as ’n pionier van antiseptiese prosedures. Hy is beskryf as die “redder van moeders”[1] nadat hy ontdek het dat die voorkoms van kraamkoors drasties verminder kan word deur die hande te ontsmet in verloskundige klinieke.[1] Kraamkoors was algemeen in hospitale in die middel 19de-eeu en dikwels dodelik met ’n mortaliteitskoers van 10 tot 35%. Semmelweis het die teorie van handewas met gechloreerde kalkoplossings voorgeskryf in 1847[1] terwyl hy in die Wene Algemene Hospitaal se Eerste Verloskundige Kliniek gewerk het waar dokters se afdeling drie keer die mortaliteit van vroedvroue gehad het. Hy het die boek Etiologie, Konsep en Voorkoming van Kraamkoors uitgegee met sy bevindinge daarin vervat.

Ten spyte van verskeie uitgawes van resultate waar handwassery mortaliteit tot onder 1% verminder het, het Semmelweis se waarnemings gebots met die bestaande wetenskaplike en mediese opinies van die tyd en sy idees is deur die mediese gemeenskap verwerp. Party dokters het aanstoot geneem oor die suggestie dat hulle hulle hande moet was en Semmelweis kon geen aanvaarbare wetenskaplike verklaring vir sy bevindinge verskaf nie. Semmelweis se praktyk het eers jare na sy afsterwe wydverspreide aanvaarding verkry toe Louis Pasteur die kiemteorie bevestig het. In 1865 is Semmelweis opgeneem in ’n psigiatriese hospitaal, waar hy in die ouderdom van 47 aan bloedvergiftiging oorlede is.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) Hanninen, O.; Farago, M.; Monos, E. (September–October 1983), "Ignaz Philipp Semmelweis, die profeet van bakteriologie", Infection Control 4 (5): 367–370, PMID 6354955, archived from the original on 4 April 2008, https://web.archive.org/web/20080404214853/http://www.general-anaesthesia.com/semmelweis.htm, besoek op 26 Oktober 2009, "Slegs die kliniese feite het hom gedurende sy leeftyd reg bewys : die triomf van bakteriologie wat na sy dood begin het, het hom nie alleen die “redder van moeders” gemaak nie, maar ook ’n geniale voorvader van bakteriologie." 

Developed by StudentB